Bestuur

Reggie Strauss

Skakeling

Reggie Strauss is ‘n toegewyde prediker van die Evangelie met ‘n passie om mense na Jesus Christus te lei en gelowiges toe te rus om geestelik te groei. Hy dien met ‘n hart vir aanbidding, dissipelskap en die verkondiging van God se Woord op ‘n praktiese en Bybelse wyse.

Deur sy bediening moedig hy mense aan om in geloof te wandel, God se teenwoordigheid te soek en volgens die waarheid van die Skrif te leef. Sy boodskappe beklemtoon bekering, ware aanbidding, die werking van die Heilige Gees en ‘n lewe van gehoorsaamheid aan Christus.

Reggie Strauss is verbind aan Vredendal Aanbidding Sentrum, waar hy daarna streef om die verlorene te bereik, gelowiges toe te rus en God se Koninkryk uit te bou. Sy visie is: “Win the lost, at any cost.”