Ek is bevoorreg om al vir bykans 28 jaar by Radio Namakwaland betrokke te wees. Kollig, as aktualiteits-nuusprogram, bly steeds ‘n heerlike uitdaging met ingeligte gespreksgenote wat deur die jare gewaardeerde vriende geword het. My liefde vir Afrikaans, lees, boek-versameling, intense passie vir die omgewing, mense en klimaatsverandering asook mooi musiek word perfek omvorm deur die saamstel en aanbieding van elke program. Die krag van gebed bly my kragtige en lewende skakel met die Goddelike teenwoordigheid van die Drie-eenheid, wat my lewe deurentyd rig en dra.