Ek is jongste, en laatlam van 6 dogters. Tot op 9 jr in Kamieskroon groot geword. Ons na Alexanderbaai getrek. Pa het reeds daar gewerk Moeder was ons Geestelike leier. Ek het in ‘n rustige huis grootgeword, diep gelowige Christen ouers. Ek het van kleins af met sang en musiek in ons huis groot geword. Ek het behoorlik IN die kerk opgegroei.. Maar het op 37 jr eerste keer met Jesus ontmoet. Wedergebore en gedoop in 1988. Ek leef my passie vir musiek uit by Radio Namakwaland, wat my die kosbare geleentheid bied. Ek is liec vir Gospel musiek en dan kook en bak ek graag. So leef ek my diensbaarheid, inJesus, ten volle uit. Dankbaar vir nog ‘n kans om Hom aan mense voor te stel as my Redder, Herder en Heer.