Ek kom van Kuruman af daar in die Noord-Kaap en is bevoorreg om nou myself `n Namakwalander te kan noem. Ek het `n geleentheid gekry einde 2020 om agter die mikrofoon te kon inklim.
Ek geniet dit baie om deel te wees van die Radio Namakwaland span en beskou dit as `n groot verantwoordelikheid. Ek weet nie hoe lank ek die geleentheid sal hê om dit altyd vorentoe te kan doen nie, so ek koop die tyd uit en geniet elke oomblik hiervan. Dankie dat ek kan deel wees van die 93.4fm span.