Ek is Annemarie du Plessis, tans vryskut-omroeper en Media-skakelbeampte van Radio Namakwaland.
Ek is ’n vrou, ’n ma en ’n trotse ouma. Ek het die grootste gedeelte van my lewe op die platteland deurgebring en woon nou al vir 24 jaar op Vredendal. Die Weskus en Namakwaland het diep in my hart gekruip. Hier het ek geleer van die eenvoud van die lewe, en om dit te waardeer in die skoonheid van ons omgewing en sy mense.
My liefde vir die Here vorm die grondslag van my lewe. Ek glo dat geloof my rigting gee en my help om met hoop, dankbaarheid en deernis na my medemens te kyk.
As ek vandag op een mens se gesig ‘n glimlag kan sit dan is my doel bereik.